KHO by die ASAPA-konferensie 2026

Die KHO-projek sal vanjaar se tweejaarlikse konferensie van die Vereniging van Suider-Afrikaanse Professionele Argeoloë (ASAPA) bywoon van 5 tot 9 Julie 2026. Tydens die sessie “Verby die kuslyne: Pleistoseen-aanpassings aan waterskaars landskappe in die Kalahari en omliggende streke”, sal Inèz Faul en projekleier Michaela Ecker insigte bied in die projek se navorsing van die suidelike Kalahari-kom. Die praatjies sal in die middag van die eerste dag van die konferensie plaasvind.

Meer inligting oor die konferensie en die program kan gevind word op die amptelike webwerf van die vereniging.